Die Centurion Remediërende Akademie (CRA) is ‘n onafhanklike privaatskool geleë in Doringkloof, Centurion, wat leerders vanaf Gr 1 tot 7 help wat leerprobleme ondervind, insluitende disleksie en aandagafleibaarheids sindroom met of sonder Hiperaktiwiteit (ADD/ADHD). CRA is gestig in 2001, en streef daarna om ouers te ondersteun in hul poging om die beste vir hul kinders te gee.
ADD/ADHD is ‘n neurologiese kondisie en affekteer ongeveer 5% van die bevolking, en 4 maal meer seuns as dogters word geraak. Persone met ADD/ADHD ontgroei nie die kondisie nie, maar leer eerder om daarmee saam te leef. CRA is deel van ADHASA (Attention Deficit Hyperactivity Support Group of South Africa), ‘n nie- winsgewende organisasie wat streef om alle mense te ondersteun rakende ADD/ADHD.
Centurion Remediërende Akademie:
- Onafhanklike Privaatskool in Doringkloof.
- Onderrig: Afrikaans.
- Leerders met leerprobleme, disleksie, aandagafleibaarheids sindroom met of sonder Hiperaktiwiteit (ADD/ADHD).
- Alle leerders moet deur ‘n professionele persoon ge-evalueer wees vir toelating tot CRA.
- Bedien groter Centurion en Irene gemeenskappe.
Centurion Remediërende Akademie Kontak Inligting:
Tel: 012 667 3444 / 082 786 5137
Webtuiste: http://www.adhd-school.co.za
Physical Address:
Centurion Remediërende Akademie
Doringkloof
Centurion